Nukleus Onderwys
Wie is Nukleus
Nukleus visie
Onderwysmodel
Die Module konsep
Kontak Nukleus
Vakke
Koste en registrasie
Nukleus graad 9 en Matriek
Bystandsentrum
Praat saam
Nuusbriewe
blog



Wie is Nukleus?
  Nukleus Onderwys is ‘n lesmateriaal-verskaffer wat hom beywer vir die daarstelling van kwaliteit, volksbehoudende en waarheidsgedrewe lesmateriaal van hoë standaard aan die Afrikanervolkskinders.   Met ons hoofkantoor gevestig in George het Nukleus sy bestaan te danke aan 37 onbaatsugtige aandeelhouers wat ‘n saak aangepak het, nie met die oog op winsbejag nie, maar as offergawe aan ons hemelse Vader met die uitsluitlike doel om ons kinders te beskerm en op te voed binne die vaste beginsels van Sy Woord.   Dit is om hierdie rede dat Nukleus daarna streef om lesmateriaal van die hoogste gehalte vir graad R tot graad 12 vir die Afrikanervolkskinders daar te stel.   Nukleus is dus onderwys vir die Afrikanervolk tot eer van die God van Abraham, Isak en Jakob en roem onbeskaamd op ons vaste geloof en vertroue in ons almagtige Vader.  

Nukleus het verhuis na groter kantore, gebruik asseblief die volgende kontakbesonderhede.

Tel/Faks: 044 873 0346

Tel/Faks: 044 873 5957

E-pos    :  info@nukleus.co.za

Posbus 10113

George

6530