Nukleus Onderwys
Kontak Nukleus
Vakke
Koste en registrasie
Nukleus graad 9 en Matriek
Bystandsentrum
Praat saam
Nuusbriewe
blog


Afstandsleerders wat by BCVO geregistreer is, sal nie die GTA-take, soos deur die Onderwysdepartement voorgeskryf word, doen nie. Sodanige leerders gaan wel deur die OAER ‘n gestandaardiseerde eksamen aflê, wat hulle dan in staat sal stel om bewys te kan lewer dat hy/sy die kwalifikasie behaal het, alvorens hy/sy vir graad 10 in skryf.


Afstandsleerders in graad 12 sal die OAER se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen skryf. Alle eksamens word by geregistreerde BCVO sentrums afgelê. ‘n Lys van sentrums sal aan ingeskrewe Nukleus leerders voorsien  word.

Ouers van  tuisleerders in graad 12 het ook die keuse om hul kinders by BCVO/OAER te registreer as onafhanklike kandidate en leerders sodoende in staat te stel om die Nasionale Senior Sertifikaat deur middel van die OAER te kan bekom.