Nukleus Onderwys
Wie is Nukleus
Nukleus visie
Onderwysmodel
Die Module konsep
Kontak Nukleus
Vakke
Koste en registrasie
Nukleus graad 9 en Matriek
Forum
   
 


Nukleus Onderwys is ‘n lesmateriaal-verskaffer wat hom beywer vir die daarstelling van
kwaliteit, volksbehoudende en waarheidsgedrewe lesmateriaal van hoë standaard aan die
Afrikaner-volkskinders. Nukleus het sy bestaan te danke aan 37 onbaatsugtige aandeelhouers wat ‘n saak aangepak het, nie met die oog op winsbejag nie, daarom is Nukleus deur die aandeelhouers ook tans in die proses van omskepping na ‘n artikel 21-Maatskappy sonder winsbejag, maar as offergawe aan ons hemelse Vader met die uitsluitlike doel om ons kinders te beskerm en op te voed binne die vaste beginsels wat Sy Woord vir ons daarstel. Dit is om hierdie rede dat Nukleus daarna streef om lesmateriaal van die hoogste gehalte vir die Afrikaner-volkskinders daar te stel. Nukleus is dus onderwys vir die Afrikaner-volk tot eer van die God van Abraham, Isak en Jakob en roem onbeskaamd op ons vaste geloof en vertroue in ons almagtige Vader.


Om leerders in ‘n posisie te plaas wat hulle in staat sal stel om eksterne eksamens te
slaag en sodoende die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) te bekom, ongeag deur watter
eksamenraad (DoE, IEB of ERCO) die leerder die eksterne eksamens aflê, moet Nukleus
Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) aanbied binne die raamwerk van alle toepaslike
wetgewing en regulasies.

Nukleus sal egter altyd poog, in ons strewe na uitnemendheid, om ‘n hoër standaard daar
te stel as wat deur die owerheid vereis word.

Nukleus verbind hom ook daartoe om voortdurend die inhoud van die kurrikulum aan te
suiwer en korrek deur te gee, deur die onwaarhede wat gepropageer word, sowel as die on-
Bybelse sienings, -waardes en -teorieë wat ons kinders opgedis word, uit te filtreer.

Dit is egter ‘n enorme taak wat voorlê met uitdagings wat soms onoorkombaar lyk, maar
ons glo dat die Vader ons hiertoe in staat sal stel, totdat Hy vir ons as volk ‘n uitkoms bied
waarin ons ons kinders sal kan onderrig in suiwer waarheid.

Ons pleit dat alle ouers hulle kind(ers) se Bybelonderrig en opvoeding as ‘n opdrag van ons
hemelse Vader sal besef en dienooreenkomstig hierdie plig, hul kinders sal opvoed met
die Skrif as basis en nie hierdie verantwoordelikheid versuim of op ander probeer afskuif
nie. Die Skrif sê immers dat ons ons kinders die Woord moet inskerp (Deut. 6:6,7).

Vir te lank was die Afrikanervolk gewoond om sy opvoedingsplig op die staat oor te skuif en
aan die onderwysers oor te laat. Dit het egter tyd geword dat kinders onder die hoor van
die Woord sal grootword, sodat hulle die aanslae van ons tyd sal kan afweer en sal kan
onderskei tussen die leuen en die waarheid.