Nukleus is onderhewig aan uiters streng finansiële bestuurspraktyke, wat verseker dat koste effektiewe onderwys aan u gelewer word. Nukleus se tariewe kan met die lae tariewe in staatskole vergelyk word nadat die skoolgeld, skooldrag, brandstof en bedelbriefies in berekening gebring is.
Die aansoekvorm is so uiteengesit dat u die keuse het om: • Per kwartaal of vir die volle jaar in te skryf • Aansoek te doen vir deurlopende assessering • Aansoek te doen vir BCVO registrasie • Aansoek te doen vir spesiale dienste vir leerders met gestremdhede.
Indien per kwartaal ingeskryf word, word slegs die aansoekvorm met die eerste aansoek voltooi, daarna word slegs ‘n heraansoekvorm per kwartaal voltooi. Indien vir die volle jaar ingeskryf word, word slegs die aansoekvorm met die eerste aansoek voltooi. Betalingsbewys en ander relevante dokumente moet die volledige aansoekvorm vergesel. Die pryslys word ook as deel van die aansoekvorm uitgestuur.
Betalings
Betalings geskied dan ook per module, vooruit. Alle betalings moet gemaak word aan:
Nukleus Junior Onderwyssentrum
Eerste Nasionale Bank
Takkode - 210114
Tjekrekening Nr - 62060388355
Geen gelde sal terugbetaal word in geval van kansellasie, of welke rede ook al, na die verstryking van 3 werksdae nie. ‘n 20% kansellasiefooi sal gehef word op alle terugbetalings binne die 3 dae.