Vakontwikkeling vind op ‘n deurlopende basis plaas ten einde gehalte materiaal te voorsien en ‘n hoë standaard te waarborg. Vakouteurs word gekontrakteer om voortdurend opgradering te doen en eksamens op ‘n jaarlikse basis te vernuwe.
Die Lesmateriaal
Nukleus lewer kindervriendelike lesse wat deur ‘n span ervare onderwyskundiges saamgestel is. (Waar nodig word handboeke aangekoop volgens die voorskrifte van BCVO.) Dit staan die ervare onderwyser se plek vol en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers, ouers en bystandsentrums. Elke les is so geskryf dat aandag aan al Nukleus se onderwys– en opvoedingsdoelwitte gegee word. Lesmateriaal word per module in 20 lesse per hoofvak en 10 lesse per byvak ingedeel.
Graad R - 3 Afrikaans Engels Wiskunde Skrif Lewensoriëntering
Graad 4 - 6 Afrikaans Engels Wiskunde Natuurwetenskap en Tegnologie Menslike en Sosiale Wetenskappe Lewensoriëntering & Kuns en Kultuur
Graad 7 - 9 Afrikaans Engels Wiskunde Natuurwetenskappe Menslike en Sosiale Wetenskappe Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Kuns en Kultuur Tegnologie Lewensoriëntering + Keusevakke. Slegs graad 8 en 9(nie verpligtend). Moet addisioneel aangekoop word. Rekenaar Tegnologie Rekenaar Tik Landbouwetenskap (vanaf Gr.8)